Visie en misie: Om hande te vat en mekaar te ondersteun op die volgende maniere:
1. Motiveer die gemeenskap om ons eie besighede te ondersteun deur uitreiking van afslagkaartjies
2. Besighede help gemeenskap deur afslag in ruil vir lojaliteit, mense koop plaaslik
3. Mense in gemeenskap ondersteun mekaar
4. Toegang tot ons kundigheid
Konsep vir besighede
Winkels, eetplekke, bk’s sluit aan as besigheidsvennote en onderneem om vir klublede 10% afslag te gee by vertoon van lidmaatskapskaartjie. In ruil daarvoor kry jy al die voordele van gewone klublede en die volgende blootstelling:
1. Elke klublid kry ‘n lys van hierdie besighede en dit word ook by kantoor opgesit.
2. “Business Partners” word spesifiek op ons “blog” gelys met “links” na “websites”
3. “Business Partners” word genoem in “flyers” ens waar klub bemark word
4. Kan advertensies (besigheidskaartjiegrootte) plaas in nuusbriewe wat ons pos/uitdeel
5. Kan interessante artikels (nie ads) skryf vir ons blog met eie naam+besigheidsnaam by
6. Sal genooi word (geen verpligting) vir borgskappe/promosies waaraan ons deelneem
7. Kan ‘n kenteken in venster vertoon (nie vepligtend) as deel van Gemeenskapsklub
Ons reken die klub sal genoeg besigheid genereer om die lidmaatskap en afslag die moeite werd te maak. Mense gemotiveerd om besighede te ondersteun vir afslag maar ook samehorigheidsgevoel en die wete dat die gemeenskap in die proses bevoordeel word. As dit na ‘n paar maande nie vir jou die moeite werd is nie kan jy net onttrek as besigheidsvennoot en ons haal jou van die lys af.
Konsep vir gemeenskap
Sluit aan en kry ‘n afslagkaartjie waarmee jy by spesifieke winkels, eetplekke, BK’s in die omgewing 10% afslag kry op alle aankope. Ons sit jou dan ook op ons databasis en stuur vir jou relevante informasie oor of die eiendomsmark, of die ekonomie ens.
As jy enige iets doen/verkoop vir ‘n ekstra inkomste (of iets spesifiek benodig) sal ons jou naam, kontaknommer en produk lys op die “Ondersteun mekaar” blad van ons “blog”
Indien jy ‘n spesifieke belangstelling het in eiendomme bv. om ‘n belegging te koop of naby die universiteit te huur, laat weet ons, en ons sal julle eerste inlig oor winkopies
As jy enige iets oor Eiendomme wil weet of ‘n betroubare agent in ‘n ander area nodig het, stuur vir ons ‘n epos. Ons het 18 jaar ondervinding in die bedryf en waardevolle kontakte. As ons nie die antwoorde het nie sal ons uitvind en terugkom na jou toe.
Willem en Inette Steyn
(082 445 3392)
Ek sal graag by julle gemeenskaps projek wil aansluit. Ek dink dis `n wonderlike idee `n klub te stig waar ons hande kan vat en aktief betrokke te raak. Ek sal beslis betrokke wil wees
Hi Ilona
Ek is bly! Ons is “up and running”. Vul net die vorm in wat Willem vir jou gestuur het dan is jy een van ons “founder members”
Inette
Dankie vir die interessante blog
Ek sal graag by julle gemeenskaps projek wil aansluit. Ek dink dis `n wonderlike idee `n klub te stig waar ons hande kan vat en aktief betrokke te raak. Ek sal beslis betrokke wil wees
+1
Ons sit met ‘n groot probleem ons het ‘n deeltitel op ‘n strand huis saam ‘n ander paartjie.
Maar hulle breek die plek af, as ons iemand kry om die plek te koop wil hulle nie teken nie, as on ons deel wil verkoop wil hulle nie toestemming gee nie. Ons het al sover gegaan om te se hulle moet ons aandeel koop maar niks.
In die wet wat mag ons doen en hoe sodat ons van die las ontslaan kan raak?
Dit klink na ‘n tameletjie… Anders as in ‘n deeltitelkomplek is hier natuurlik nie ‘n bestuursliggaam waarheen jy jou kan wend nie. Ons het geen ervaring van daardie tipe situasie nie, ek is seker die gemenereg moet jou beskerm maar my regstegniese kennis is te beprek om my hier daaroor uit te spreek. Die beste uitweg is waarskynlik om ‘n prokueur aan te stel wat dit namens jou kan hanteer